Die bekende en opwindende Spar Women’s Challenge-padwedloop sal vanjaar weer virtueel aangebied word.

Vanjaar se wedloop sal op Saterdag 3 September plaasvind.

Die Spar Women’s Challenge word tradisioneel as afsonderlike wedlope in van Suid-Afrika se bekendste stede aangebied.

Sedert die Covid-19-pandemie is daar egter deur organiseerders besluit om een virtuele wedren in al die onderskeie stede te hou.

Elsabé van Zyl-Felix, Spar se advertensiebestuurder, sê in ’n verklaring:“Vir die veiligheid van ons deelnemers en gegrond op die veranderende regulasies met betrekking tot Covid-19 en die ongekende tye waarin ons onsself bevind, volg ons weer vanjaar die virtuele roete.Uitdagings

“Al is dit virtueel, het ons ’n goue middeweg gevind om nie die genot wat altyd deel van die wedloop is, in te boet nie.

“So, kry jou vriende bymekaar, werk ’n roete uit en deel al die genot deur ons in jul foto’s te tag.”

Vanjaar se tema vir die Spar Women’s Virtual Challenge is #IRISE, met die doel om vroue te inspireer om aan hulself uitdagings te stel en hul fiksheid en gesondheid na ’n hoër vlak te neem.

Inskrywings vir die Spar Women’s Virtual Challenge maak op 12 Mei oop en kos R120.

Jy kan inskryf deur die webwerf www.sparwomenschallenge.co.za te besoek en ook ’n inskrywingspakket (T-hemp, pet, nekband, medalje, tydskrif en snoepgoed) ontvang.

Bel Anne Taylor by 082 419 0077 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article