So, jy wil ’n brandbestryder word? Foto: Lise Beyers


So, jy is in matriek en wil graag ná skool ’n brandbestryder word.

Dus, wat is jou volgende stap?

Gerald Esau, die direkteur van gemeenskapsdienste van die Drakenstein-munisipaliteit, verduidelik hoe om die eerste tree te neem om jou droom te bewaarheid:


Watter eienskappe moet die regte kandidaat hê om die beroep te volg?

So iemand moet doelgerig en bereid wees om ’n diens aan die gemeenskap te lewer.


Hoe en waar doen ’n mens aansoek?

Indien vakatures beskikbaar is, kan aansoekvorms by die werwingskantoor (Burgersentrum) of aanlyn (www.drakenstein.gov.za) verkry word.


Wat behels die keuring en hoeveel nuwe rekrute word jaarliks by Drakenstein-brandweer ingeneem?

Aanstellings word gedoen na gelang van beskikbaarheid van geld sowel as gevolg van vakatures wat ontstaan weens mense wat die diens verlaat. Die minimum vereiste is matriek, (wiskunde en wetenskap as vakke is ’n aanbeveling, maar nie ’n vereiste nie), jy moet fiks wees en nie aan hoogte- of engtevrees ly nie. Mediese keuring voor aanstelling is ook verpligtend, en die kandidaat moet geen misdaadrekord hê nie. Kandidate word aan ’n teoretiese assessering asook ’n praktiese evaluering onderwerp.


Wat behels die opleiding?

Opleiding as ’n brandbestryder word by geakkrediteerde opleidingsentrums in pas met die beleid van die SAESI (Suider-Afrikaanse Nooddienste Instituut) gedoen. Eerstevlak-opleiding duur vyf maande, wat die kandidaat in staat stel om die basiese werk as ’n brandbestryder te kan verrig.


Wat word alles van ’n brandbestryder verwag?

Die werk sluit die bestryding van brande (struktuur-, veld-, voertuig-, aanleg-, nywerheids- en chemiese brande), voertuigongelukke, hantering van chemiese voorvalle asook reddingswerk in.


Buiten brande, met watter ander take sal so iemand gemoeid wees?

Humanitêre dienste, ramp-nooddiensverspreidingswerk, opleiding aan die publiek, brandveiligheidsinspeksies en brandvoorkomingsdienste ingevolge die nasionale bouregulasies.


Wat maak die lewe van ’n brandbestryder so besonders?

Die werk is uniek in die sin dat hoewel brande selde voorkom, dit elke keer verskil. Die tyd van die dag is byvoorbeeld een van die faktore wat ’n groot rol speel. Met hierdie veranderende dinamika moet brandbestryders altyd gefokus wees op die onbekende natuur wat inherent aan die werk is. No two jobs are the same. Wat ons uniek maak, is die volgende: In the face of fear we still continue to do our job.


Watter loopbaangroei bestaan binne die brandweerdienste en wat word aangebied om dit te bevorder?

SAESI (Suider-Afrikaanse Nooddienste Instituut) bied die basiese praktiese opleiding aan.

Brandbestryders het die opsie om tersiêre studies aan die Tswane Universiteit van Tegnologie (nasionale diploma) of deur Stadio (jaarkursusse) te voltooi. Hierdie opleiding stel hulle in staat om bevorderingsgeleenthede wat kan voorkom, te benut.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article