Vrywilligers met flukse vingers, soos Heleen van Rensburg, het Saterdag hul bydrae vir die ACVV se Kersboom-projek by die Wimpy in Wellington gelewer. Altesaam 18 vroue – oud en jonk – het op die internasionale brei-in-die-openbaar-dag saamgespan om gebreide of gehekelde granny squares saam te snoer. Dit vorm alles deel van die ACVV se projek om die grootste Kersboom van sy soort in Afrika staan te maak. Dié 10 m hoë boom sal met 2 800 gebreide of gehekelde blokkies, waarvan ongeveer 400 reeds gemaak is, oorgetrek word. Nog só ’n byeenkoms is verlede Donderdag by Die Kuierstoep in Wellington gehou. Deelnemers is gevra om nie-bederfbare kosprodukte aan die Trollie-projek te skenk. Die trollie vol goedere sal op Vrouedag (9 Augustus) uitgeloot word. Foto: ACVV
ACVV brei een groot stuk!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.