’n 59-Jarige voetganger is Maandag op die hoek van Lady Greystraat en Boulevard-pad dood nadat die man deur ’n Toyota-minibustaxi getref is. Die Paarl-polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis, bevestig dat ’n saak van strafbare manslag ondersoek word om die omstandighede rakende die ongeluk te bepaal. Die woordvoerder van die Drakenstein-nooddienste, Deanna February, sê die man is omstreeks 15:00 op die toneel dood verklaar. Dié voorval volg terwyl Paarlse motoriste gedurig kla oor wettelose taxi’s wat graag in die omgewing jaag en rooi verkeersligte oorsteek. Foto: Edgar Petersen

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article