My firma het onlangs die munisipaliteit genader omtrent twee probleme.

Foto’s is gestuur van ’n diep gat in die ry-gebied van ’n parkeerterrein. Binne twee weke is die probleem deur die munisipale werkers herstel en oorgeteer.

Twee dae gelede het ons weer eens die munisipaliteit gebel oor ’n foutiewe meterbord in ’n huurwoning. Nog dieselfde dag het ’n munisipale beampte die probleem reggestel.

Graag noem ek daar is min munisipaliteite wat sulke flink diens aan hul belastingbetalers lewer. Dankie.


Jan Phillips,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article