Een persoon is dood en nog 15 beseer toe ‘n volgelaaide minibus-taxi op die N1 gerol het buite die Paarl.


Een persoon is dood en nog 15 beseer toe ‘n volgelaaide minibus-taxi op die N1 gerol het buite die Paarl.

Die ongeluk het vanoggend (30 Junie) omstreeks 07:00 plaasgevind tussen Paarl se Sonstraal- en Jan van Riebeeck-rylaan afritte. Die bestuurder van die taxi wat in die rigting van Kaapstad gery het, het glo beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het.

Verskeie van die beseerdes was binne die taxi vasgekeer en reddingswerkers van Paarl EMS en die brandweer moes die wrak oopsny om hulle met reddingkake te bevry.

Een insittende is in ‘n kritieke toestand. Die beseerdes is na Paarl-hospitaal vervoer.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article