Sportsmans Warehouse het pas aangekondig dat hy met Paarl-skole as hul amptelike borg kragte smee vir die jaarlikse interskole van 27 tot 30 Julie.
Met die opbou tot een van die grootste sportbyeenkomste op die skolekalender is die Sportsmans Warehouse-span opgewonde om deel te wees van dié opwindende week wat belaai gaan wees met goeie kragmetings, tradisies en sportmanskap.
“Ons wil graag die Paarlse skole bedank (Paarl Gimnasium, Hoër Jongenskool Paarl en Hoër Meisieskool Paarl) wat ons toegelaat het om deel van dié familie te word,” sê Bradley Moritz, Sportsmans Warehouse se uitvoerende hoof. “Sportsmans Warehouse sien uit om die breër gemeenskap te verwelkom en te sien wie vanjaar met die groot spogregte gaan wegloop. Ons is trots om te sê ons is al van 1986 af jou bestemming vir al jou sportbehoeftes danksy ons gehaltediens, hoëgehalteprodukte en opgeleide personeel. Danksy ons winkels oor die hele Suider-Afrika, insluitend ons aanlyn winkel, bly ons missie om die gemeenskappe wat ons dien van uitmuntende diens, gehalteprodukte en die skep van geleenthede om deur sport ’n verskil te maak, te voorsien.
“Ons is dus opgewonde om aan te kondig dat ons ’n nuwe Sportsmans Warehouse-winkel in Ceceliastraat in Paarl op 13 Augustus gaan open.
“Ons is opgewonde om met die Paarlse skole kragte saam te span en die gemeenskap by een van die grootste interskolekragmetings in Suid-Afrika te verwelkom. Ons wil die betrokke skole bedank dat ons deel kan wees van dié historiese en merkwaardige geleentheid. Ons sien uit om skolesport saam met die toeskouers te vier,” voeg Moritz by.
“Ons sien uit om deel te wees van die ontwikkeling van sport in die Paarl-gemeenskap met die opening van ons nuwe winkel op 13 Augustus. Ons hoop ons klante sal uitmuntende ervaring tydens die opening beleef danksy ons opgeleide personeel en uitgebreide reeks sporttoerusting van plaaslike en internasionale handelsmerke.”
Sportsmans Warehouse het al die skole, organiseerders en ouers bedank wat hande gevat het om dié geleentheid vir al die leerders en deelnemers moontlik te maak.
Sportmans Warehouse se Paarl-tak open in Augustus in Ceceliastraat.





