Nederburg is maar net een van Paarl se heerlike wynplase wat jou winter sal opkikker.


Besoekers aan Paarl het rede om te glimlag, want besoeke aan gewilde toeristebestemmings kan deesdae in vryheid geniet word – sonder enige Covid-19-inperkings.

Paarl se lys van gewilde bestemmings is geskik vir jonk en oud – van avontuurlustiges tot wyn- en kos-entoesiaste, natuurliefhebbers en historici.

Op 18 Julie sal die wêreld Mandeladag vier. Die wat Paarl wil besoek, het die geleentheid om die Victor Verster-gevangenis, waar Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 vrygelaat is, te besoek.

’n Toeristebestemming vir kosliefhebbers is die La Paris Bistro waar goeie wyn en ontbyt, of middagete voorgesit word. La Paris Bistro bedien ontbyt en middagete van Woensdag tot Sondag en aandete Woensdae, Donderdae en Vrydae. Besprekings word aanbeveel.

Die Paarl-wynroete is ’n skatkis vol geskiedenis en ’n besoek aan die Nederburg-wynlandgoed met sy ryk wynmaak-erfenis en nuut opgeknapte The Manor-restaurant is ook ’n moet. Besoekers kan kies tussen pieknieks, ’n a-la-carte-spyskaart vir ontbyt en middagetes asook kaas- en charcuterie-borde en verskeie wynproe-opsies.

Hulle bied ook spesiaal ’n melk-en-koekie-paring vir die kleuters aan. Verder kan die kleuters ook leer hoe om hul eie kolwyntjies te versier en die kinderpiekniekbokse en verskeie klimrame sal ook die kleingoed besig hou terwyl die ouers rustig kan kuier.

Maak tyd om rustig by Salem se Bybelse tyd te kuier – g estig in 2011 op ’n plaas teen die hange van die Paarlberg ’n bergwandeling met skilderagtige uitsigte oor die wingerde en olyfboorde in die vallei of bespreek ’n begeleide “reis deur die Bybel-toer”. Die 2 km-St. Paul’s-roete en gebedstuin neem besoekers op ’n visuele reis van mosaïeke, uitstallings, beeldhou- en keramiekwerke. Piekniek en braaigeriewe asook ’n markiestent en saal is beskikbaar.

Eindig jou besoek af by die Laborie-erfeniswynlandgoed wat onder die Paarl-rots in die middel van die dorp versteek is.

Dié wynlandgoed dateer uit die 17de eeu en kombineer moderne geriewe met ouwêreldse sjarme. Besoekers kan ’n rustige dag op die landgoed deurbring en Laborie se beste wyne by die proelokaal proe, ’n heerlike ete by die Stoep-restaurant geniet of by die Farm Grocer gaan inloer vir kruideniersware. Vir diegene wat meer avontuurlustig is, bied die landgoed toegang tot bergfietsry-roetes.

  • There are so many things to do and see in and around Paarl this winter.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article