Die Paarl-Wes-polisiëringsforum in samewerking met die Paarl-polisie wil graag die publiek oor die nuutste misdaad­neigings vir Junie inlig.

RESIDENSIËLE INBRAKE

Residensiële inbrake het in die Lustigan-padgebiede voorgekom. Die voorvalle het op geen vasgestelde dag of tyd gebeur nie.

Die Lemoenkloof-, Groenvlei-, en Noordelike Paarl-gebiede het ook residensiële inbrake ervaar.

Oukraal, Cheve, Septimus, Pieter Wium, St Augustine, en sommige plekke in die hoofstraat het ook inbrake aangemeld. Die voorvalle het meestal op ’n Vrydag plaasgevind sonder ’n spesifieke tydraamwerk.

Inbrake het ook in die Pine-, Berg- en Haarlem-gebiede voorgekom.

Die voorvalle het op geen spesifieke dag of tyd gebeur nie. In die SSK-, Denneburg-, en Klein Parys-omgewing het verdere inbrake in Thom-, en Ou Tuinstraat plaasgevind.SAKEGEBIEDE Inbrake in sakegebiede het in Alkmaar, Tekstiel, La Provence en Meul plaasgevind. Hierdie voorvalle het meestal op ’n Vrydag plaasgevind tydens verskillende ure van die aand.

Daar is ook voorvalle in die Slent-, Lustigan-, Malmesbury R45-, en Schooneoordweg-gebiede aangemeld.

Dié voorvalle het meestal op ’n Donderdag gedurende die dag plaasgevind.

MOTORVOERTUIE

Diefstal uit motorvoertuie was ’n bekommernis vir die Paarl-polisie gedurende Junie met ouer model voertuie wat geteiken is. Hierdie diefstal het in Moolman-, Hercules-, Nuwe- Vlei-, Klein- Meul-, Stirling-, Bosch-, Kort-, en Wemmershoekrylaan plaasgevind.

Sommige van die voertuie is in gebiede buite die Paarl verlate gevind en sommige is nie teruggevind nie.

Een persoon is in hegtenis geneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article