Paarl sal weereens baie trots wees wanneer die Springbokke Saterdag (9 Julie) uitdraf teen Wallis in die Rose stad vir wat beloof om ‘n reuse kragmeting te wees tussen die Bokke en die Rooi Drake.
Vier Springbokke met Paarl-bloed wat sterk deur hul are loop maak deel uit van die span, en boonop, draf een van hulle op as Springbok kaptein.
Oud-Gimmie Handre Pollard is as kaptein aangewys in die plek van Siya Kolisi.
Nog ’n oud-Gimmie, skrumskakel Grant Williams, maak sy debuut, en so ook oud-Boishaaier Evan Roos (agsteman) asook oud-Paulus Joubert leerder, vleuel Kurt-Lee Arendse.
Arendse is al ’n geruime tyd ’n gedugte Blitzbok, maar die ontslape Chester Williams het destyds reeds voorspel dat hy eendag in die groen-en-goud sal uitdraf.
Die wedstryd skop om 17:05 af en word op SuperSport uitgesaai.





