Covid-19-inentings is steeds beskikbaar in Drakenstein.


Teen Dinsdag 12 Julie was daar volgens die Wes-Kaap Regering Gesondheid slegs 12 aktiewe Covid-19 gevalle in Drakenstein, met 1 022 persone wat hier sedert die aanvang van die pandemie as gevolg van Covid-19 gesterf het.

Die departement wil ook inwoners inlig dat Covid-19-inentings en -versterkingsdossise steeds voortgaan en beskikbaar is by verskeie klinieke in Drakenstein.

Volgens Sandra Maritz, kommunikasiebeampte van die departement gesondheid in die Kaapse Wynland moet inwoners daarop let dat die Nieuwedrift-kliniek voortaan slegs op Vrydae tussen 08:30 en 14:00 beskikbaar is vir Covid-19-inentings en -versterkingsdossise.

“Entstowwe is ‘n belangrike en effektiwe maatreël om jou teen ernstige siektes te beskerm,” het Maritz gesê.

Covid-19-inentings is ook by die volgende klinieke beskikbaar:

Dalvale-kliniek

Dinsdae

14:00 – 16:00

Gouda-kliniek

Maandae – Vrydae

08:00 – 15:00

Huis McCrone-kliniek

Vrydae

09:00 – 15:00

Klein Drakenstein-kliniek

Vrydae

14:00 – 16:00

Mbekweni Gemeenskapsdagsentrum (die ‘daghospitaal’)

Vrydae

08:00 – 15:00

Patriotplein-kliniek

Donderdae

14:00 – 16:00

Pholapark-kliniek

Vrydae

14:00 – 16:00

Saron-kliniek

Vrydae

10:00 – 16:00

Simondium-kliniek

Maandae – Vrydae

08:00 – 15:30

Soetendal-kliniek

Vrydae

09:00 – 12:00

TC Newman Gemeenskapsdagsentrum (die ‘daghospitaal’)

Maandae – Vrydae

08:00 – 15:30

Wellington Gemeenskapsdagsentrum (die ‘daghospitaal’)

Vrydae

08:00 – 15:00

Windmeul-kliniek

Maandae – Vrydae

08:00 – 16:00

Shoprite, Paarl

Maandae – Vrydae

09:00 – 15:00

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article