Die Poskantoor skuif terug na sy tuiste van jare gelede.Foto: Lise Beyers


Talle inwoners het die afgelope twee weke voor dooiemansdeur te staan gekom toe hulle die poskantoor by Rembrandt Mall in die Paarl wou besoek.

Dié poskantoor se deure het reeds op 1 Julie gesluit en kliënte word nou na die poskantoor in Paarl-Oos by die Paarl-Oos Spar verwys.

Volgens ’n betroubare bron sal die poskantoor se posbusse steeds by die Rembrandt Mall wees.

’n Omgekrapte inwoner het Paarl Post laat weet dat talle inwoners sukkel om die poskantoor in Paarl-Oos op te spoor, en op ’n plaaslike woonbuurt se Whatsapp-groep het ’n inwoner ook gekla dat hy ’n brief, wat reeds in Maart vanjaar aan hom gepos is, eers drie maande later, ontvang het.

Volgens Johan Kruger, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, sal die Paarl-hoofposkantoor egter binnekort in sy nuwe tuiste open.

“Die Paarl-hoofposkantoor heropen op 15 Augustus in die Telkom-gebou op die hoek van Lady Grey and Hoofstraat, Paarl, wat waarskynlik nostalgiese herinneringe vir baie inwoners sal oproep. Die poskantoor is jare gelede in dié gebou gehuisves. Dit is finansieel sinvol om die Paarl-poskantoor na sy tradisionele tuiste terug te neem, en die skuif is deel van die SA Poskantoor se fokus om takke te verskuif na waar dit gerieflik vir kliënte is en dit finansiële sin het.”

Kruger sê die SA Poskantoor het kliënte intussen versoek om die Paarl-Oos-poskantoor in Marlboroughstraat 2, Charleston Hill, Paarl-Oos te gebruik.

Die poskantoor is by die Superspar.

.
Paarl Post Office, which is closed, will soon be moving back to it’s original home at the corner of Main Road and Lady Grey Street.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article