‘n Jongman van Wellington, Ruan van Rooyen (24), is Donderdagoggend dood en twee ander beseer in ‘n motorongeluk op die R45 net buite Paarl nadat die motor gerol het.
Volgens ‘n Paarl-polisieverslag is ‘n ondersoek tot strafbare manslag ingestel, nadat twee jongmans en ‘n jongmeisie om 02:30 op die Malmesbury-pad oorkant Sonweelde-plaas in ‘n swart Mercedes Benz, gerol het.
“Die bestuurder het na bewering beheer oor die motor verloor wat daartoe gelei het dat die motor rol. Een insittende passasier het tydens die insident uit die motor geval en is opslag dood,” lui die verslag.

Ruan van Rooyen (24) Foto: Facebook
Die ander twee name wat in die verslag geïdentifiseer is Jandre Britz en Micheala Smit. Volgens nooddienste wat op die toneel was, is twee met ernstige beserings vir verdere behandeling na Paarl Mediclinic geneem.
Medelye het Donderdag op Van Rooyen se Facebook-profiel ingestroom na die nuus van sy tragiese afsterwing.
“Rus sag by Jesus my Ruan. Jy het nie verdien wat met jou gebeur het nie. Mag justice geserved word, want jy is een in ‘n biljoen,” lui een inskrywing.
- A 24-year-old man from Wellington, Ruan van Rooyen, died and two others were seriously injured following an accident on the R45 just outside Paarl. A Paarl police report stated that a case of culpable homicide was opened after the driver of a black Mercedes Benz allegedly lost control over the vehicle and caused the vehicle to roll. Two other passengers, Jandre Britz and Micheala Smit, were transported to Paarl Mediclinic for further treatment.




