Standard Bank kyk daarna om werknemers weer aan te stel nadat die bank 40 mense afgdank het, omdat hulle nie hulself wou laat inent teen koronavirus. Foto: Unsplash


Daar
is ‘n groot moontlikheid dat voormalige werknemers van Standard Bank weer
indiens geneem sal word nadat hulle afgedank is, omdat hulle nie hulself wou
laat inent nie.

Die
bank het einde verlede jaar ‘n inentingsbeleid in plek gestel met die vierde
koronavirus vlaag wat in Suid-Afrika geheers het. Talle werknemers is op
spesiale verlof geplaas terwyl 40 ander werknemers afgedank is omdat hulle die
inenting geweier het. Werknemers, wat nie die inenting wou ontvang nie, is die
alternatiewe opsie gegee om elke keer hulself te laat toets vir die virus
voordat hulle die werksgebou kan binnegaan.

Standard
Bank het baie kritiek ontvang omdat die werknemers afgedank is, en is ook
aangevat deur die finansi
ële sektor
unie Sasbo. Standard Bank het gister aangekondig dat hulle die beleid heeltemal
onttrek het, omdat hulle ‘n 95% inentings koers bereik het en omdat daar ook veranderinge
is in die Covid-19 regulasies.

Volgens
Lungisa Fuzile, Standard Bank SA se hoof uitvoerende beampte, was die implementering
van die beleid destyds die regte besluit toe dit in plek gestel is. Dit is
gedoen om almal hul werknemeners se veiligheid te verseker.

Fuzile
het in ‘n verklaring ges
ê: “Ongelukkig
is daar ‘n aantal ongeënte werknemers van wie ons geskei het, nadat hulle die
alternatief van toetsing wat aan hulle gebied is, van die hand gewys het. Na
die terugtrekking van die beleid, is ons in gesprek met hierdie kollegas om
herindiensnemingsgeleenthede te ondersoek, aangesien ons sterk voel dat dit die
regte ding is om te doen”.

  • There is a strong possibility that former

    employees of Standard Bank will be re-employed after they were fired, because

    they did not want to be vaccinated.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article