AO Victor Saal laat ’n groot leemte by Groot Drakenstein-polisie.

Credit: SYSTEM

Die Groot Drakenstein-polisie is ’n goeie beampte armer. AO Victor Saal het Saterdag (16 Julie) ná ’n lang siekte gesterf.

Sy kollegas beskryf hom as iemand wat altyd ondersteunend was, geduldig en altyd dieselfde mens was elke dag. Saal het op 1 Februarie 1993 by Groot Drakenstein-polisie begin werk. Vir die 29 jaar wat hy in diens was as polisiebeampte was Saal net by Groot Drakenstein gestasioneer.

Sy glimlag en mooi hart sal deur sy kollegas gemis word. Sers. Charlene Pietersen, Groot Drakenstein se polisiewoordvoerder, voeg by: “Ons gaan hom regtigwaar baie mis, maar ons gun hom ’n vreedsame rus.”

Daar is nog geen bevestigde begrafnisreëlings nie, maar Saal sal in Upington, sy tuisdorp, ter ruste gelê word.. The Groot Drakenstein police team is a good officer poorer. WO Victor Saal died on Saturday (16 July) after a long illness.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article