Simond-privaatskool het hande gevat met Tafelronde Paarl 44 met hul jaarlikse Winter Knights-projek. Hierdie projek word jaarliks gehou om winter-noodsaaklikhede vir minderbevoorregte mense in te samel. Simond het leerders se ouers gevra om ou klere, komberse en blikkies kos te skenk. Die opbrengs was baie goed en die Tafelronde het dit met ’n bakkie weggery vir skenkings. Op die foto is van links: Jan de Lange van Tafelronde Paarl, Natasha Fourie, kollege-hoof en Esmari van Niekerk, laerskoolhoof. Die Tafelronde wil graag Simond-privaatskool vir sy ruim bydrae bedank.Foto:

Credit: SYSTEM

Hulle waak teen winternagte

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article