Anine Pienaar en Sandri Visser van die Laerskool Hugo Rust het tydens die onlangse vakansie aan die interdistrikte netbaltoernooi deelgeneem. Die onderskeie Kaapse Wynland-netbalspanne, waarvan albei meisies lid is, het goeie prestasies behaal. Anine en haar o.12-span het goue medaljes ontvang, terwyl Sandri en haar Cape Winelands-o.13-span bronsmedaljes ontvang het. Die skool is baie trots op al twee.