Leandi du Randt stel ’n sabrasie op die proef in Kelderklas.

Credit: SYSTEM

Augustus is ’n maand vir goeie wyn en samesyn. Ook ’n tyd om op die koue wintersaand voor die kassie te vertoef.

Vandeesmaand bring Via heerlike kykgenot na die klein skerm.


Kelderklas

Verken die Suid-Afrikaanse wynbedryf saam met die aanbieder JP Quickelberge.

Hy besoek top-wynplase, ontdek geheime kelders en proe wyn-geïnspireerde geregte wat deur sjefs voorberei is.

JP nooi ook elke week ’n bekende om hom op sy avontuur te vergesel.

Kykers gaan leer oor wyn en saam met Leandie du Randt, Jack Parow, Siv Ngesi, Die Heuwels Fantasties, Marciel Hopkins en Hannah Grobler kuier.

Van Vrydag 5 Augustus om 17:00.


Kom ons braai: Celebs

Wat gebeur wanneer jy ’n nuwe stukkie hout op ons gesellige Kom Ons Braai-vuurtjie gooi?

In ’n spesiale weergawe van dié program braai twee gesinne oor en weer vir punte, maar vir ’n ekstra vonk kom kuier en beoordeel bekendes saam. Ons celebs kom van alle uithoeke in Suid-Afrika.

Onder andere Gerhard Steyn, Jack Parow, Vicky Davis, Bobby van Jaarsveld en Neels van Jaarsveld kuier saam in hierdie nuwe reeks.

Van Woensdag 10 Augustus om 20:00.


Doodgewone Jo

In dié geselsprogram nooi die geliefde Jo Black bekende gaste sy ateljee binne om hulle beter te leer ken en, in die proses, saam opwindende uitdagings en aktiwiteite aan te pak.

Jan Blohm, Brümilda van Rensburg, 7de Laan se Blyde Smit en Witbank se Sorina “Die Flooze” Erasmus is maar net ’n paar van die gaste in dié reeks.

Van Woensdag 10 Augustus om 17:30.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article