My motor is in die parkeerterrein by Shoprite, Bredastraat, in die Paarl beskadig.
Die bestuurder wat my voertuig beskadig het, het net weggery.
Ek het dit goed gedink en die maatskappy wat in beheer is van die kameras gevra om te help.
Ek het die beheerkamer versoek dat hulle deur die video-opnames van dié dag sif om sodoende die skuldige persoon te identifiseer.
Nadat ek telkemale probeer het om die persoon in beheer van die kameras in die hande te kry, is ek meegedeel dat sy niks op die kameras gesien het nie. Daar is ook gesê dat sy nie tyd het om deur die opname-materiaal te kyk nie, “want sy het ander werk om te doen” en dat jy op eie risiko in dié parkeergebied parkeer.
My vraag is dus van watter nut is die kameras dan?
Ek besef ook dat die kameras se opnames oor die algemeen nie vir baie lank gestoor word nie.
Sulke versoeke moet so gou moontlik afgehandel word, voor al die data van die kameras afgevee word.




