18 Augustus 1972
Melk-protes: Hoewel ernstige besware ingedien is, is die munisipaliteit van voorneme om voort te gaan met die wysiging van melkregulasies. Dit sluit die verpligte pasteurisasie van melk in. Die stadsraad het die gewysigde regulasies tesame met besware en voorstelle aan die provinsiale administrasie vir goedkeuring voorgelê.
Frozen snow hits windscreen: An ugly “snowball” incident occurred on Saturday afternoon in the Franschhoek Pass, which was visited by thousands of motorists, attracted by the heavy fall of snow in the pass. A lorry on which were a number of men and which contained a heap of frozen snow, passed a Paarl car. One of the men scooped up a large chunk of snow and hurled it at the car. It struck the windscreen in front of where the driver sat.
Masjien 100 jaar oud: Die eerste naaldwerkmasjien in Transvaal is in besit van ’n Paarlse egpaar, mnr. en mev. A. Krynauw. Dit is meer as 100 jaar oud en was die eiendom van die eggenote van genl. Piet Joubert. Mev. Joubert het dit in die konsentrasiekampe gebruik om klere vir die vroue en kinders te maak.
Too many offices: So many big office buildings are being erected at Paarl that fear has been expressed that a surplus of offices may be caused, resulting in many offices standing empty.
Mikro-renmotorklub: Die Paarl Mikro-renmotorklub open sy nuwe seisoen met ’n byeenkoms op 16 September op die Gerrit v.d. Merwe-renbaan. Dit blyk ’n baie goeie seisoen te wees, aangesien die grootste meerderheid van die jaers spook en spartel om hul motors te verbeter vir die nuwe seisoen.
Heavy to light liquors: Although the overall market for liquor products is increasing, the national (and world-wide) trend in drinking patterns from “heavy” to “light” liquors, is expanding the demand for some liquors, at the expense of others. This trend has been accentuated, in recent years, by the increasing proportion of young people entering the liqour market.




