Charleston Hill Sekondêr / Hoërskool Wellington Derby 2022:

Die twee aartsvyande, Charleston Hill Sekondêr en Hoërskool Wellington, het weer eens hul jaarlikse derby van 4 tot 6 Augustus gehou.

Hoewel Wellington Saterdag die seuns o.19-rugbywedstryd gewen het met ’n telling van 22-15, was Charleston Hill egter wenners van die puntebeker.

Daar was twee busmaatskappye, Craig & Sons Busmaatskappy en Swanns Busdienste, wat elkeen twee gratis busse aangebied het om Charleston Hill se leerders na Wellington te vervoer. Charleston Hill wil hierlangs ons opregte dank uitspreek vir hierdie maatskappye se onbaatsugtige diens wat hulle aan die skool gelewer het.

Deel van die skool se visie is om die beste geleenthede vir sy leerders te skep. Dit is hierdie maatskappye wat dit vir ons moontlik maak om die droom ’n werklikheid te maak.

Die personeel en die hele Charleston Hill-gemeenskap wil weer eens beklemtoon dat hierdie maatskappye ons geweldig finansieel bygestaan het. Ons waardeer opreg hul bystand aan die skool. Baie dankie vir almal se ondersteuning.


Die skoolhoof, personeel en SBL, PAARL

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article