Die 2022-Wêreldbekerrugby-7’s-toernooi, wat oor minder as vier weke in Kaapstad afskop, is onlangs amptelik by ’n spesiale media-kleedkamer-ervaring by die Kaapstad-stadion bekend gestel.
Die toernooi vind van 9 tot 11 September plaas in wat verwag word om die grootste 7’s toernooi nog te wees.
Hiertydens het ’n uitgesoekte groep mediaverteenwoordigers die unieke geleentheid gehad om besoek af te lê in wat die Springbok-sewesspan se kleedkamer vir die toernooi sal wees – die hart vanwaar die Blitsbokke voorbereiding vir hul aanslag op die kampioenskapstitel sal doen.
Die seëvierende span is pas terug van sy baie suksesvolle Statebondspele-vertoning en die sewesrugbyafrigter Neil Powell het die media toegespreek om hulle ’n kykie te gee na wat in die toernooi – ’n hoogtepunt op die jaarlikse rugby-agenda – verwag kan word, en om van sy suksesgeheime mee te deel.
Die Blitsbokke is nog in Los Angeles in die VSA om deel te neem aan die HSBC-Wêreld-7’s-reeks, wat op 27 en 28 Augustus beslis word. Sodra die span terugkeer, kom die RWC 7’s in Kaapstad aan die beurt.
Ná Powell, of Coach Niel, soos hy ook genoem word, se inspirerende woorde kon ’n mens voel hoe ernstig die gees in die kleedkamer is voordat die Blitsbokke op die veld uitdraf.
Castle Lite is op die perskonferensie aangekondig as ’n globale vennoot wat tot die Wêreldbekerrugby-sewestoernooi sal bydra, ook met sy prettige Lite, ’n Up-veldtog asook die amptelike Rugbywêreldbeker-7’s-aanhangersdorpie.
Ongelukkig is kaartjies vir die RWC7’s skaarser as hoendertande, maar Castle Lite bied ook talle kompetisies aan om RWC7’s pryse te wen, insluitend uitgesoekte kaartjies.





