Hiermee wil ek, die waarnemende skoolhoof, die personeel en Skoolbeheerligaam (SBL) van Charleston Hill Sekondêre skool kennis aan die publiek gee dat ons ons distansieer van die brief getiteld “Dankie vir gratis busse na derby” wat in die Paarl Post van Donderdag 18 Augustus 2022 geplaas is.
Ons dra nie kennis van die anonieme publikasie nie en dit dra ook nie die goedkeuring van ons bestuurspan, personeel en SBL nie. Baie dankie.



