Hugenote Hoërskool se Ondersteunersbond (HOB) het ’n groot bedrag aan die skool geskenk vir ’n bouprojek (braaiarea) langs die skool se klubhuis. Die HOB en matrieks van 2019 het ’n gesamentlike skenking tot die uitbreiding van die kafeteria-ruimte langs die bestaande klubhuis gedoen. Wikus Naude, die skoolhoof, het Hugenote Hoërskool se dank aan die HOB en die matriekgroep van 2019 uitspreek vir die ruim bydrae “om ons skool net nog beter maak”. “Gesien in die lig van die ekonomiese omstandighede wat tans heers, is dit net ongelooflik hoe ons skool se ondersteuners en gemeenskap agter ons staan. Sonder hierdie soort ondersteuning sal ons nooit ons pragtige terrein op hierdie hoë standaard kon kry nie. Ons is baie opgewonde oor alles wat nog vir die toekoms beplan word. Ons skool is trots om saam met hierdie puik gemeenskap ’n pad te stap ter wille van ons leerders! Mik Hoog!” Dico du Toit (HOB), Christene Marais (HHS SBL) en Franko van Zyl (MX 2019) het die skenking tydens Hugenote se onlangse interskole oorhandig Foto:


Hugenote se ondersteuningsbond, oudmatrieks skenk baie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article