Verlede week het die stormsterk wind twee lamppale in Wynbergstraat, Charleston Hill, omgewaai, wat beteken ’n paar van die huishoudings daar is sonder krag gelaat.
Ek moet sê – ek dink al die inwoners daar het begrip gehad vir die situasie en het verstaan dit sou byna onmoontlik wees om die kragtoevoer in sulke stormagtige weer te herstel.
Die Drakenstein-munisipaliteit se werkers het die hoogspanningskabels veilig gemaak en ’n veiligheidswag het die hele nag ’n ogie gehou.
Woensdagoggend halfagt reeds toe stop die bakkies met werkers daar, en teen Woensdagaand voor 22:00 was die kragtoevoer herstel.
Ek wil daarom net baie dankie sê vir die werkers wat tot donker en laataand gewerk het sodat ons kragtoevoer herstel kon word.
Ek kan my net indink hoe moeg daardie werkers al teen daardie tyd moes gewees het, maar die span het aangehou en volhard.
Dankie vir puik diens.




