Al is dit nog so koud, is die nuwe seisoen gewis hier. Die son kom vroeër op en sak saans later. En die blommetjies begin mooi aan plante en bome pronk.

Om hierdie verandering te aanskou, maak my so opgewonde vir die somerseisoen wat voorlê. Ek sien uit na uitstappies na die see, in die natuur en net in die algemeen om vars lug in te asem.

Dit is gewis ’n voorreg om al hierdie mooiheid ná die pandemie te kan beleef. My hart kan sommer bars van dankbaarheid. Ná twee somers wat ons ingehok was, sien ek uit na vanjaar s’n.


Edith Alice,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article