Ek het Maandag 3 Augustus om 8:05 ’n oproep ontvang met nuus wat ons lewe onmiddellik verander het – ons huis brand af!

Aanvanklik is daar stomheid, trane, hartseer: “Wat nou; waar gaan ons vanaand slaap, en, en . . . ?” Ons vertel eers vir niemand nie en gaan haal die kinders by die skool. Ons wil alleen afskeid neem van ons vier troeteldiere wat versmoor het. Die nuus het egter deur sosiale media versprei en ons ontvang honderde oproepe van hulp.

So reël iemand vir ons slaapplek, daarna verblyf vir ’n maand, klere en skoene (van mense wat ons nie eens ken nie), kos vir maande, meubels, beddens, beddegoed, geld, skoonmaakmiddels, wasgoed word gewas (en gewas), ens.

Vir al die vriende, bekendes, onbekendes, naamloses en al die iemande – julle het ons gewys dat daar tog nog liefde in die wêreld is. Julle het ons geleer dat mense omgee en dat God se genade groot is. Vir ’n ieder en ’n elk vra ons – wat kan ons doen anders as om dankie te sê? Jul ingryping in ons lewe word opreg waardeer en gee hoop in ’n tyd wat Suid Afrika dit nodig het!

Someone’s shoes fit a humble family! Thank you!”


Die Malan-familie,

Paarl, Diamant

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article