Die sanggroep RJay & LK gaan optree by die Church of the Ascension se pretdag op 24 September en sorg vir ’n jolige atmosfeer.Church of the Ascension se pretdag op 24 September en sorg vir ’n jolige atmosfeer. Foto:


Indien jy ’n bewonderaar van die gewilde popgroep RJay & LK is, kan jy nie hul vertoning op 24 September op Erfenisdag misloop nie.

Die Church of the Ascension in die Paarl hou ’n pretdag die Saterdag by die Laerskool Sonop van 10:00 tot 19:00. Die dag hou iets vir die hele gesin in.

Die groot aantrekking is natuurlik RJay & LK, wat besoekers gaan laat dans met hul treffers soos “Wikkel”, “Sonder jou”, “Jy voelit”, “Jy is hier”, “Swalala”, “Laaste dans” en meer.

Indien motors jou aandag trek, is die motorskou net vir jou.

’n Platejoggie en ’n springkastele is ook op die program.

Die rugbytoets tussen die Springbokke en Argentinië sal op ’n grootskerm uitgesaai word en die kerk sal ook vure as braaigeriewe verskaf.

Volwassenes betaal R30 en vir kinders onder 12 kos dit R10. Volwassenes met voertuie betaal R40, en indien besoekers besluit om ’n koelboks met lekkernye en drinkgoed saam te bring, is ’n fooi van R50 betaalbaar.

Kontak Michael Peceur by 082 485 3098 of Shany Leibrandt by 061 481 4278 vir meer besonderhede.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article