Drie leerders aan die Hoërskool Labori het die Paarl se naam hoog gehou toe hulle uitstekend presteer het in ’n tegniese kompetisie wat deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement gehou is Maandag 19 September. Die kompetisie, wat by Hoër Tegniese Skool Bellville (HTS) gehou is, is bygewoon deur verskeie skole oor die Skiereiland. Die vlak van insig en interpretasie wat getoets is in die tegniese rigtings, was van ’n baie hoë gehalte en die seuns van Labori het uitstekend presteer in drie tegniese velde. Uitstaande prestasies is behaal deur Trevor van Eden met ’n eerste plek in die elektriese komponent. Arno Swart verwerf ’n tweede plek in konstruksie en Owen Pretorius derde plek in meganiese tegnologie. Hierdie leerders het ’n wisseltrofee, medalje-sertifikaat en verskeie pryse ontvang en natuurlik die blootstelling aan gesonde kompetisie.

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article