Op die verwysingsborde op die Paryspad is die datum van wanneer die Carolina-padwerke voltooi sou wees al lankal verby. Maar steeds is die pad nog nie 100% klaar nie.

Wat gaan hier aan?


Padgebruiker,

Paarl

Volgens Marius Wüst, direkteur van ingenieursdienste by Drakenstein-munisipaliteit, is die afhandeling van die hele Carolinaweg-aansluitingsprojek geskeduleer vir Desember 2022. Carolinaweg is van 23 September oop vir gebruik deur alle verkeer. Hoewel die “detour”-borde nog deur die kontrakteur verwyder moet word, maak dit geen verskil aan die normale gebruik van Carolinaweg nie. Die vrywillige gebruik van alternatiewe roetes sal uiteraard die druk op die aansluiting verminder. Die volledige opknapping sluit ook verkeersligte in by die Carolinaweg- en Jan van Riebeeckrylaan-aansluiting. Dié padwerke word genoodsaak deur al die eiendomsontwikkelings in die omgewing asook vir die veiligheid van padgebruikers en om die gladde vloei van verkeer te verseker. Volgens Wüst word die R301 suid van die N1 ook opgegradeer na ’n dubbelbaanpad tot by die Kliprugpad ingevolge ’n provinsiale kontrak, met ’n finansiële bydrae deur Drakenstein-munisipaliteit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article