Die proses wat in die Drakenstein-munisipaliteit gevolg word wanneer Eskom-beurtkrag toegepas word, is as volg:
Drakenstein se algehele voorsieningsgebied ressorteer onder drie verskillende beurtkrag-gebiede volgens Eskom se voorsieningsnetwerk:
1. Pearl Valley, Val de Vie en omliggende buurte,
2. Paarl-omgewing, en
3. Wellington, Windmeul, Hermon, Saron en Gouda.
Elkeen van hierdie drie gebiede word op verskillende tye deur Eskom afgeskakel ingevolge beurtkragskedules wat deur Eskom opgestel is en daarvolgens bestuur word. Hierdie skedules word sedert die ontstaan van Eskom-beurtkrag noukeurig gevolg en geld vandag nog.
Die Drakenstein-munisipaliteit besluit geensins hoe en wanneer die “prop uitgetrek” moet word nie.




