Die ACVV Wellington-tak bied as deel van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders-veldtog ’n bederf-oggend aan vir mense wat daardeur geraak word.

Dié geselligheid word op 26 November in die Marthazaal in Van Riebeeckstraat aangebied.

Ilse Venter (So lyk ’n vrou) en Pieter Fourie (’n Hart so groot soos ’n vuis) sal gesels oor die impak wat gesinsgeweld op hulle gehad het.

Die digter Grant Jephta sal ook optree, sowel as lede van Weltevrede Sekondêr se Hoop-projek.

Die geleentheid vind plaas met die ondersteuning van die Breytenbach­sentrum.

Beperkte kaartjies is teen R30 beskikbaar by The Book Traders by die Breytenbachsentrum, of by die ACVV-winkel. Kaartjies sluit ligte eetgoed in.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post Medical Guide – 30 April 2026
    Credit: Heleen Smit Credit: Heleen Smit

Gift this article