Kenneth Janson (gr. 12) van die Hoër Jongenskool Paarl (HJS) het goed presteer in die gr. 12-afdeling van vanjaar se Blitsbrein Junior algemenekenniskompetisie, aangebied deur Netwerk24in samewerking met Die Burger, Beelden Volksblad. Kenneth het nasionaal derde in sy afdeling geëindig. As deel van sy prestasie het hy en HJS elk R5 000 gewen. Oor sy prestasie sê Kenneth hy voel gelukkig en bevoorreg, hoewel dit hom onkant betrap het. “Ek het nie gedink ek het so goed geskryf nie en het eintlik nie geweet die uitslae is al bekend totdat een van my ma se vriendinne dit aangestuur het nie. Maar, soos ek sê, ek’s baie bly, en dis ’n bietjie ekstra aansporing vir die eksamen.”
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.