’n Bonsai-uitstalling met uitsonderlike bome van die Wes-Kaap het pas op die wynplaas Babylonstoren begin. Marina Celliers staan by die Pofadder by een van die groter bonsai’s. Meer as 50 bonsai-boompies is te sien en te waardeer. Bonsai is ’n Oosterse kunsvorm waarin natuurlike bome kunstig gevorm en in ’n keramiekpot uitgestal word. Suid-Afrika is veral bekend vir die Afrikastyle van hierdie kunsvorm. Een van die bome in die uitstalling is pas aangewys as die beste in die streek. Die uitstalling sal tot middel Januarie te sien wees.Foto: Willem Pretorius
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.