Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) pleit dat ouers wat nog nie aansoek gedoen het by skole vir hul kinders wat volgende jaar graad 1 en graad 8 moet begin nie, dit onmiddellik doen.
Die departement het aansoeke vir 117 270 leerders vir gr. 1 en gr. 8 vir die 2023-skooljaar ontvang, waarvan 22 113 laat ontvang is. Sedert die begin van November kon die WKOD 100 302 (89,1%) van die gr. 1- en gr. 8-leerders vir die 2023-skooljaar by skole in die Wes-Kaap plaas. ’n Verdere 12 786 (10,9%) van leerders moet nog geplaas word.
Bronagh Hammond, ’n woordvoerder van die WKOD, sê: “Die WKOD doen steeds ’n beroep op ouers wat nog nie vir die 2023-skooljaar aansoek gedoen het nie om die distrikskantoor te kontak.
“Aangesien ons ’n moeilike tydperk vir plasing binnegaan as gevolg van skole wat vir die somervakansie aan die einde van die jaar gesluit is, moet ons weet wie nog plasing benodig sodat ons so goed as moontlik kan beplan.”
Sy voeg by WKOD kontak ouers elke dag met plasingsaanbiedings en -geleenthede by verskeie skole.
Die Kaapse Wynland Onderwysdistrikskantoor kan gekontak word by 082 348 9685.. The Western Cape Education Department pleads that parents who have not yet applied to schools for their children, who are due to start Grade 1 and Grade 8 next year, should do so immediately.




