Die ooievaar het omtrent ’n besige eerste dag van die jaar gehad toe altesaam 17 babas in die Paarl-hospitaal gebore is.

Ses van die babas wat op 1 Januarie gebore is, is meisies en 11 is seuns.

Die eerste baba, ’n meisie, is om 02:44 gebore met ’n gewig van 2,79 kg en 49 cm lank.

Op Kersdag is agt babas in Paarl-hospitaal gebore. Ses babas is seuns en twee meisies. Die eerste aankomeling op Kersdag was ’n seuntjie om 06:39. By geboorte was sy gewig 3,52 kg, met ’n lengte van 54 cm.

Volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid is altesaam 192 babas op 1 Januarie in die Wes-Kaap by openbare gesondheidsfasiliteite gebore. Die eerste baba wat in die Wes-Kaap gebore is, is ’n seuntjie, wat om 00:25 in die Mitchells Plain-hospitaal gebore is.

Op Kersdag is altesaam 188 babas by openbare gesondheidsfasiliteite reg oor die Wes-Kaap gebore. Die totale getal wat van 00:00 op 25 Desember 2022 aangemeld is, sluit in 122 seuns en 66 meisies.

Die eerste, ’n meisie, is om 00:00 in die Groote Schuur-hospitaal gebore en net een minuut later, om 00:01, is die tweede Kersfeesbaba, ook daar gebore.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article