Dit is baie kommerwekkend en somtyds traumaties hoe ons as Paarl se gemeenskap op sosialemediaplatforms neerhalend en aanvallend oor mekaar se inskrywings kan wees.
Iemand kan dalk net inligting soek oor ’n sakeonderneming, ’n inwoner of wil dalk ’n produk verkoop. Tog, maak nie saak hoe mooi so iemand se inskrywings is nie – daar is altyd mense wat lelike kommentaar lewer.
Hoekom moet ons so lelik wees met mekaar? Het ons nie meer mooi woorde vir ons medemens nie?
As ’n gemeenskap moet ons juis nou saamstaan. Ons het mekaar se hulp nodig. Ek hoop ons kan meer kindness versprei die jaar as om so lelik en bitter teenoor mekaar te wees.




