Paarl Royals kaptein, David Miller, is maar net een van die groot krieketname wat Vrydag te sien sal wees op Bolandpark.Foto:

Credit: Samuel Shivambu/BackpagePix

Inwoners van die Drakenstein-vallei kan uitsien na aksiebelaaide wêreldklas krieket oor die volgende klompie weke, met die begin van die T20-liga op hande.

Die SA20 is gegrond op lewendige, gewaagde en energieke krieket, met al die dinamiese elemente wat sinoniem met T20-krieket is.

Die SA20 het van T20-krieket se wêreldsterre, onder wie Liam Livingstone, Jos Buttler, Jason Holder, Rashid Khan en Moeen Ali, gelok en by die lys gekontrakteerde wêreldklas Protea-spelers gevoeg.

En Bolandpark se Paarl Royals is boaan die lys gunstelinge vir die toernooi, meen krieketkenners.

Die span het ’n goeie balans tussen T20-kolwers van wêreldgehalte met die X-faktor en ’n goed gebalanseerde boulaanval.

Jason Roy en Jos Buttler is spelers van wêreldgehalte in die kortste formaat en David Miller het ’n droomjaar agter die ryg. Tabraiz Shamsi en Lungi Ngidi is bekend daarvoor om vreesaanjaende boulaanvalle weg te stuur. Dan is daar gevaarlike bybreekboulers soos Rashid Khan, Kagiso Rabada en Beuran Hendricks.

Die Royals sal ook sterk leierskap geniet met JP Duminy as hoofafrigter.

Paarliete kan hulself reeds vandeesweek regmaak om op te trek na Bolandpark wanneer Paarl Royals die Joburg Super Kings aanvat. Krieketaanhangers kan hier die gedugte wêreldranglyskolwers en -kapteins van die spanne Royals, David Miller, en Kings, Faf du Plessis, in aksie sien.

Die wedstryd begin om 13:30 en kaartjies kos tussen R60 en R130. Bespreek by TicketPro.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article