Rosalee Barnes begin vanjaar gr. 1 by ’n plaaslike skool in die Paarl. Bo pas sy skoolskoene aan saam met haar ma, Zeta Barnes. Foto: Anan Jacobs

Credit: SYSTEM

Die Kersfeesinkopies is net nou die dag nog gedoen en nou moet ouers alweer bontstaan om die basiese skoolbenodigdhede aan te koop.

Met die lewenskostes wat by die maand styg, raak dit ’n moeilike taak vir ouers om hul kinders in die skool te hou. Selfs die pryse van die basiese benodigdhede soos skoolklere, penne en boeke raak al hoe meer buitensporig. Dan moet daar ook in ag geneem word wat die kind by die skool moet eet, met nasorg en buitemuurse aktiwiteite wat ook ekstra geld vereis.

Paarl Post het ’n bietjie gaan kyk na die pryse van skoolklere en skryfbe­hoeftes en hoeveel dit ouers per kind gaan kos.

  • The Christmas shopping was done just the other day and now parents have to try their best again to buy the basic school needs which only get more expensive as the years go by. Paarl Post took a look at the prices of school clothes and stationery and how much it will cost parents per child.

Basiese uitgawes

Meisies (2023):

  • Skoolhemde: ’n kortmouhemp kos R59,99 (benodig minstens drie) en ’n langmouhemp R54,99 (benodig minstens twee) = R289,95
  • 2 rompe (R59,99 vir een) = R119,98
  • 4 paar sokkies (R15,99) = R63,96
  • 1 paar skoolskoene (R289,99)
  • 1 paar langkouse (R54,95)
  • 1 oortrektrui (R64,99)
  • 1 langmoutrui (R69,99)
  • 1 reënbaadjie (R109,99)
  • 1 sportbroekie (R49,99)
  • 1 sporthempie (R49,99)
  • 1 paar sporttekkies (R179,99)
  • 1 rugsak (R169,99)

= R1 513,76 (R1 259,80 in 2022)

Seuns (2023):

  • Skoolhemde: ’n kortmouhemp kos R54,99 vir een (benodig minstens drie) en ’n langmouhemp R49,99 (benodig minstens twee) = R264,95
  • 1 langbroek (R109,99)
  • 1 kortbroek (R54,99)
  • 4 paar sokkies (R13,99) = R55,96
  • 1 paar skoolskoene (R339,99)
  • 1 oortrektrui (R64,99)
  • 1 langmoutrui (R69,99)
  • 1 reënbaadjie (R109,99)
  • 1 sportbroekie (R49,99)
  • 1 sporthempie (R49,99)
  • 1 paar sporttekkies (R179,99)
  • 1 rugsak (R169,99)

= R1 520,81 (R1 319,81 in 2022)

Skryfbehoeftes (2023)

  • 1 sakrekenaar (R199,99)
  • 2 uitveërs (R16,99 vir pak van twee)
  • 2 gomstafies (R69,99 vir pak van twee)
  • 1 skêr (R14,99)
  • 4-pak glimpenne (highlighters) (R44,99
  • per pak)
  • 1 pennesakkie (R64,99)
  • 1 skerpmaker (R12,99)
  • 1 lêer met 30 sakkies (R39,99)
  • 1 liniaal (R12,99)
  • 10 potlode (R54,99 vir pak van 10)
  • 12-pak inkleurpotlode (R59,99 vir pak
  • van 12)
  • 10-pak penne (R34,99 vir pak van 10)
  • 5 hardebandboeke (R12,99 een boek)
  • = R64,95
  • 5 sagtebandboeke (R6,99 vir een boek)
  • = R34,95
  • 1 onuitwisbare merker (R39,99)
  • 1 rolletjie kleeflint (R14,99)
  • 5 rolle plastiek vir boeke oortrek
  • (R10,99) = R54,95
  • 5 rolle oortrekpapier vir boeke (R29,99)
  • = R149,95
  • 1 woordeboek (R189,99)

= R1 177,65 (R1 059,66 in 2022)

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article