Die Drakenstein-plaaswag (DFW) het oudergewoonte gemeenskappe in Paarl-Oos met hul yslike groot rooi waterkanonne ingevaar om plaaslike mense dié somer verligting van die bloedige hitte te bied. Die plaaswag se bevelvoerder, Daan van Leeuwen Boomkamp, sê hulle het dié vrolike verligting aan die mense van Lantana, Magnolia en Amstelhof verleen nadat die plaaswag verlede jaar die besluit geneem het om nie meer hul vrywillige dienste aan Red Zone-gebiede te verleen nie. Van Leeuwen het die nuwe jaar met dié woorde verwelkom: “Building bridges by shooting soothing bullets of kindness.” Foto: Drakenstein-plaaswag

Credit: SYSTEM

Drakenstein-plaaswag verleen vrolike verligting

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article