Die bestuurder van ’n GWM-bakkie is dood nadat die bakkie reg van voor teen ’n swaarvragmotor op die R44 gebots het.Photo: Samuel Walters


Wrakstukke en ’n bakkie wat op sy dak lê, was Donderdag (12 Januarie) stille getuienis van die hartseer toneel waarin ’n bakkiebestuurder in ’n botsing op die R44 gesterf het.

Na wat verneem word was die oorledene, die bestuurder van die GWM-bakkie, van Wellington na Gouda onderweg toe die bakkie reg van voor teen ’n swaarvragmotor tussen die Voëlvleidam en Gouda gebots het.

Die swaarvragmotor was van Gouda na Wellington onderweg toe die botsing naby Voëlvleidam gebeur het.Photo: Samuel Walters

Die botsing is Donderdag om 13:50 aangemeld.

Die Wes-Kaapse verkeersdepartement, plaaslike nooddienste en reddingswerkers sowel as die polisie was kort daarna op die toneel.

Geen ander ernstige beserings is aangemeld nie.

Teen die tyd van publikasie was die slagoffer se identiteit nog nie aan Paarl Post bekend nie.

  • A driver died in a head-on collision between a bakkie and heavy motor vehicle on the R44 between Voëlvleidam en Gouda on Thursday afternoon. All emergency services, including Provincial Traffic, local police, Emergency Medical Services and rescue workers responded to the scene.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article