Ter illustrasie. Foto: Pexels

Credit: SYSTEM

Met elke minuut wat verbygaan voordat die matriekuitslae môreoggend oorhandig word voel dit sekerlik vir die klas van 2022 asof oordeelsdag besig is om aan te breek.

Angie Motshekga, nasionale minister van onderwys, sal later vandag die uitslae van die nasionale matriekuitslae amptelik bekend maak. Motshekga sal die afkondiging vanaand om 18:00 maak vanuit Randburg.

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) sal daarna ’n verklaring uitreik oor hoe matrikulante van 2022 in dié provinsie gevaar het.

Matrikulante se individuele uitslae sal môreoggend teen 11:00 beskikbaar wees by skole.

Die Wes-Kaap Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) 2022-toekenningseremonie sal op 2 Februarie by Leeuwenhof in Kaapstad plaasvind. Tydens die seremonie sal matrikulante en verskeie skole vereer word vir hul besonderse prestasies.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article