26 Januarie 1973

Droogte op plase word kritiek: Die water-posisie op Wellington se plase is besig om werklik kritiek te word. Talle boorgate wat gesink is, staan feitlik leeg. Net damme wat uit die Kromrivier en Bergrivier gevul kan word, het water. Mnr. Johan Fourie van Bo-Blouvlei sê dat hy besig was om ’n boorgat te sink en hoewel 230 voet diep, was daar geen druppel water nie.

Old library closes: After being in existence for 132 years, the Paarl Public Library finally closed down at the end of last month. This recalls a fierce controversy which raged at Paarl a number of years ago when the Provincial Library Scheme was introduced.

Vervoer na skole: Daar het heelwat verwarring geheers oor sekere regulasies met die vervoer van skoliere. Dit het tot gevolg gehad dat sommige ouers onder die indruk was dat hulle verplig was om hul kinders na die naaste skole te stuur. ’n Woordvoerder van die Skoolraad het egter die toestand verduidelik. Volgens hom is dit verpligtend vir leerlinge wat van Departementele vervoer gebruik maak, om die naaste skool aan hul ouerhuis by te woon.

They are always green: Paarl’s newest robot traffic lights have been erected in front of the fire station. These lights nearly always show green and there is no holdup of traffic here. The lights turn red only when the fire engines leave the fire station building, on their way to fight fires.

Helfte druiwe nie geskik vir uitvoer: Die vrugte-uitvoerseisoen het weer aangebreek en dit woel en werskaf op die uitvoerplase. Dit is slegs vrugte van ’n sekere gehalte wat toegelaat word om die land te verlaat. Dr. A. C. Myburgh van die Navorsingsinstituut vir Vrugte en Vrugtetegnologie, verklaar: Elke vrug of druiwetros wat nie aan kwaliteitstandaarde voldoen nie, is vir die produsent ’n verlies. Hy kan dit wel soms van die hand sit, maar dan beswaarlik teen ’n wins.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article