Dis hoogsomer in die Boland en oral word die vrugte van die wingerd geoes. Cheslin Pedro, ’n drywer en algemene werker op De Hoop-plaas in die Paarl, pluk mooi vet Autumn Crisp-druiwe, gereed vir die uitvoermark. Derek Clift van De Hoop het gesê tafeldruiwe lyk goed vanjaar, ten spyte van haelskade tydens verlede jaar se skielike oorstromings in die Paarl, asook beurtkrag wat talle uitdagings vir die landboubedryf bring. Foto: Lise Beyers
Parstyd in die Boland
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.