Die musikant Jan Blohm se solo-uitstalling, ’n Ver-Ander, open Saterdag (28 Januarie) om 11:00 in die Breytenbach-galery in Wellington.

Die woordspel in die titel dui op die verander(ing) in die sanger se lewe oor die jare en die ver-ander wat hy graag wil raak.

Hy skep kuns reeds van ’n baie jong ouderdom af. Sy sangloopbaan, waarvoor die meeste mense hom ken, het toevallig tydens sy dae in die lugmag begin. Dié Sama-wenner het egter tien jaar gelede weer begin kuns maak.

Sy geestelike beleweniswêreld en toenemende skep van abstrakte kuns het ook ’n groot rol in sy kreatiewe lewe as kunstenaar vervul, asook sy siening oor die lewe – vandaar die wegbeweeg na meer abstrakte uitbeeldings in sy skilderye en sy beeldhouwerke.

Die uitstalling se titel is juis daarom ’n uitbeelding van hoe hy voel oor veranderings in sy lewe oor die afgelope jare, en die ver pad wat hy al daarmee gekom het.

Volgens Jan besef hy net hoe die proses hom stroop van ego, en hy voel asof hy toenemend meer homself raak.. Vir navrae of om bywoning te bevestig, kontak galery@­breytenbachsentrum .co.za of 083 415 0002.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article