Die klas van 2022 in die Wes-Kaap het met ’n 81,4%-slaagsyfer geskiedenis gemaak. David Maynier, die LUR vir onderwys in dié provinsie, sê hy is verheug met die resultate wat die 2022-matrikulante opgelewer het.

“Ons is verheug dat die Wes-Kaapse matriekklas van 2022 struikelblokke oorkom het wat veronderstel was om hulle te breek, en in die proses ons provinsiale slaagsyfer tot 81,4% verhoog het met 49 102 kandidate wat die eksamen geslaag het.

“Dit is die grootste getal suksesvolle kandidate wat ons nog gehad het. Nog belangriker is dat elkeen van ons suksesvolle kandidate wat geslaag het, in aanmerking kom om by universiteite of kolleges aansoek te doen.”

Wat hierdie prestasie des te meer buitengewoon maak, volgens Maynier, is dat die matrikulante ten spyte van die Covid-19-pandemie en ander ontwrigtings gedurende die eksamenperiode deurgedruk het.

Die Kaapse Wynland- onderwysdistrik se slaagsyfer staan op 77,7%.

Paarl Post het ook ’n ogie oor die slaagsyfers van skole in die Paarl en Wellington gegooi. Dié slaagsyfers is as volg: Al-Azhar (100%); Bergrivier Sekondêr (81%); Boland Landbouskool (100%); Charleston Hill Sekondêr (67,9%); Desmond Tutu Sekondêr (72,4%); Hoërskool Franschhoek (97,7%); Hoërskool Gimnasium Paarl (99,1%); Groendal Sekondêr (71,1%); Hoër Jongenskool Paarl (100%); Hugenote Hoërskool (99,4%); Ihlumelo Junior Sekondêr (74,5%); Klein Nederburg Sekondêr (84,8%); Hoër Meisieskool La Rochelle (100%); Hoërskool Labori (97,7%); New Orleans Sekondêr (72,1%); Noorder Paarl Hoërskool (76,4%); Hoër Meisieskool Paarl (100%); Paulus Joubert Sekondêr (63.6%); Wellington Sekondêr (68,9%); en Weltevrede Sekondêr (73,5%).

Die Wes-Kaap Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) 2022-prysuitdeling word op 2 Februarie by Leeuwenhof in Kaapstad gehou, waar matrikulante en talle skole vir hul uitstaande prestasies vereer sal word.

  • The class of 2022 in the Western Cape made history with its 81,4% pass rate. David Maynier, MEC for education in the province, says he is delighted with the results the matriculants have come forward with.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article