Ter illustrasie. Foto: Unsplash


Êrens in die Paarl is ’n man wat R25 miljoen ryker is, en nie eens sy familie weet daarvan nie.

Die gelukkige Paarliet het voorverlede Saterdag (21 Januarie) self sy nommers vir die Lotto Plus 1 gekies en altesaam R25 564 050,40 gewen. Hy het later via die internet uitgevind hy het gewen.

Volgens die nasionale lotery van Suid-Afrika het die man sy wenkaartjie by Pick ’n Pay gekoop. Nie veel is oor die wenner gesê nie – net dat hy in die kleinhandelsektor werk en beplan om sy skuld te delg en ’n eiendom te koop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article