Die top matrikulante en skole van 2022 in die Wes-Kaap was vandag (2 Februarie) vereer deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement tydens ’n toekenningseremonie.

Credit: SYSTEM

Matrikulante en skole vanuit Drakenstein het die vallei trots gemaak met die toekennings wat Vrydag oorhandig is tydens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se 2022 nasionale senior sertifikaat toekenningseremonie.

Kenneth Janson van Hoër Jongenskool Paarl is weereens vereer as een van die top kandidate. Hy staan nasionaal en provinsiaal in derde plek.

Hoër Meisieskool La Rochelle en Hoër Meisieskool Paarl is onder die top 20 skole in die provinsie met meer as 80 kandidate wat die nasionale senior sertifikaat eksamen geskryf het, en uitstekende akademiese uitslae gekry het. HMS Paarl staan in agste en La Rochelle staan in twaalfde plek.

Corné de Jonge van Hugenote Hoërskool in Wellington het die hoogste punte gekry in rekeningkunde. Hy het ’n sertifikaat en R6 000 ontvang vir sy prestasie.

New Orleans Sekondêr se Cleo George het ook weggestap met ’n toekenning tydens die seremonie. Sy is een van 40 kandidate wat goeie punte gekry het in ses van haar beste vakke.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article