Ek is baie ongelukkig hoe sommige mense wat fris en gesond is soms neerkyk op diegene wat gestremd is.
En ek praat uit my eie ondervinding.
Ek is ’n bejaarde man wat gebruik maak van ’n rolstoel, en ek is nie juis gesond nie.
Ek is onlangs in die Paarl deur ’n groep jongmense van my bankkaart, begrafnispolis-kaartjie en die bietjie wat ek by my gehad het, beroof.
Asof dit nie genoeg was nie, het hulle my só aangerand dat ek in die hospitaal beland het.
Ek het later uitgevind my geld is op drank uitgemors.
Watter tipe mense is dit wat geen respek het vir bejaardes nie en misbruik maak van hulle gevorderde ouderdom?
My grootste pleidooi is dat grootmense hulle kinders leer om ander mense met respek te behandel – veral diegene wat hulself nie kan help nie.




