Lede van die publiek het onlangs agtergekom dat hulle nie meer kommentaar op die Drakenstein-munisipaliteit se Facebookblad kan lewer nie.

Inwoners voel hulle is geregtig om op hierdie openbare platform kommentaar te lewer en die munisipaliteit bewys deur hierdie optrede dat hy nie deursigtig is nie.

Seraj Johaar, die direkteur van korporatiewe dienste by die munisipaliteit, sê dié Facebook-volgelinge is steeds welkom om hul menings en kommentaar op “sekere” van die munisipaliteit se plasings te lewer. Hy sê die munisipaliteit het wel die kommentare op van die ander plasings afgeskakel. Seraj sê die rede hiervoor is omdat die munisipaliteit gesien het baie inwoners plaas klagtes oor byvoorbeeld kragonderbrekings, stukkende straatligte, slaggate en ander deur middel van Facebook-kommentaar op die munisipaliteit se blad.

“Facebook is nie ’n klagtebestuur-platform nie. Die hoofdoel van dié blad is om munisipale en verwante nuus, gebeure, inligting en kennisgewings met die gemeenskap van die Drakenstein te deel.

“Ons wil mense ontmoedig om die Facebook-roete te volg om hul klagtes aan te meld en hulle eerder aanmoedig om hul nie-dringende navrae op ons SeeClickFix-toepassing te registreer, wat spesifiek hiervoor ontwerp is en ’n internasionaal erkende diensleweringstoepassing is.

Maar lede van die publiek wat hieroor by Paarl Post aangeklop het meen dit is onaanvaarbare sensuur deur die Drakenstein-munisipaliteit.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article